1. STFU

shut the fuck up

orals waar ek al was
daar was ek
jy sê altyd
ja, jy sê altyd
jy is altyd reg
soos ek teregtelik gesê het
so fukn what?

jy praat so baie
laat ons sien wat jy kan doen
die wêreld is gebreek
dit werk nie meer nie?
okay, cool …
dis awesome
bye
sien jou later
as jy verby die massagraf
met jou masker aan draf

shut the fuck up
shut the fuck
up
shut the fuck up shut the fuck
up
shut
the
fuck
up
shut the fuck up

hey, Billy Gates gee da’ inenting
Microsoft in my brein in
slim!
Agenda 21
nul verskoning
dis self toegedien as jy smeek daarvoor
dis ons noodlot om by die huis te sit
verbeel jou al die mense
dis nie so moeilik nie, is dit?

hoe meer reëls hulle maak
hoe meer reëls sal ons breek
hoe meer kak hulle praat
hoe meer kak sal ons eet,
maar waar gaan al die geld dan heen?
watse geld? watse krewe?
die nuwe normaal is om in vrees te lewe

shut the fuck up
shut the fuck
up
shut the fuck up shut the fuck
up
shut
the
fuck
up
shut the fuck up

2. Raak siek, raak gesond

ek is nou moeg by die huis gesit
voel asof ek al my oë uit my kop uit wil ruk
die elektroniese vullis laat my brein jeuk
ek visualiseer my plaas al klip vir klip

ek wil veilig voel
wat beteken dit?
kan myself nie geniet nie as ek elke oomblik
voel asof ek iemand anders onderdruk
hoe werk dit?
hoe werk dit?

dis die regering se skuld
dis die jirre se skuld
ek weet nie wat jy wil hê ek moet sê nie

ek gee nie om nie
oor enigiets behalwe ons nie
raak siek
raak gesond
ek weet nie wat jy wil hê ek moet sê nie

dis ’n pragtige lewe
elke huis het ’n misdaadtoneel
gewoontemisdadigers
orals waar daar kamers is
is daar al ’n moord gepleeg

die verbeelding is dood
begin elke dag oor
sit en wag jy vir jou kinders om jou te kom vermoor
dis opvoedkundig
dis opwindend
dis ’n sirkus
dis ’n knoppie
druk ’it
ry my motor in die see in
aan die vlak kant
en sit op die dak
hou my vas en hou van my

3.  Ons is die virus

ons het goed begin
ek wil net by voorbaat
dit duidelik maak
dat ek het nie ’n punt het nie
lief vir my mense
probeer om nie te haat nie
nog nooit gewens my pa’t minder geld gemaak nie

vir eeue en eeue
het ons in die donker rondgekak
elektrisiteit herontdek
en nou sit hulle die ligte af
staar in my foon in
word verlief op onsself
ons almal soek die antwoord,
maar het jy jouself gevra
op watter ouderdom het Adam en Eva gepaar?
het ons begin met kinders wat kinders grootmaak?
het ons van ’n ander planeet af gekom?
is ons eintlik vertraag?
want dit voel so
o, my jirre, dit voel so!

ons almal gaan soms ’n bietjie agteruit
soms gebeur alles op dieselfde tyd
soms poes die lewe jou oor die kop
en soms los hy jou heeltemal uit

soms voel ek veiliger met die weermag op straat
soms is daar nirvana op die bank in die lui middagson
in die braaikamer
ek is lief vir my lot
soms poes die lewe jou oor die kop

ons is die siekte
ons is die virus
ons is die skape
ons is die krisis
ons is die heelal se gedagtes
ons is vlietend
ons is die siekte
ons is die virus

 4. Teen die wet

vul my asseblief, meneer die nuus-anker
verseker my dat die skole summier toe sal bly
daai stem ...
o, dis so kalmerend
daardie mantra van moord
ek het ’n getuie nodig

dis teen die wet om te sing
dis teen die wet om te dans,
maar ons kan hemel toe gaan
as ons ons breins uit wil blaas
probeer is die beste geweer
ja, die waarheid is wreed
probeer is die beste geweer
ons kan hemel toe gaan
as ons net probeer

dis teen die wet om te wandel
dis teen die wet om te praat
dis teen die wet om te werk
dis teen die wet om te lees
dis teen die wet om te skryf
of om swart of bruin of wit te wees
dis teen die wet om te dink
ja, dit was nog altyd so
dit wat ons onderdruk
en dit wat ons glo
word afgeforseer van bo

dokters van die dood
genees ons, ons pyn
ek lyk soos ’n man, maar ek issie
stap in die kollig in soos ’n sissie
kom uit die wolke op ’n masjien in die stof in, stil

ons beweeg heen en weer
een keer die jagter
een keer die prooi
o, dis so mooi
as die standbeelde val
en die skuldiges sweet
en die golwe van verandering breek

as die wêreld sou eindig en dit sneeu in die Kaap
wil ek net hê jy moet weet
dis teen die wet