Dans Deur Die Donker
Breindrein
begin myself herhaal
vergeet om te gaan slaap
so diep in my kop
ek vergeet hoe om te praat
morsig in die middag
onvoorspelbaar in die aand
plaas my onder huisarres
return to sender
hier’s my huisadres
begin myself herhaal
begin myself herhaal
breindrein
breindrein
breindrein
breindrein
my brein
386
vleispak
kalsiumskelet
in ’n siklus vasgekeer
begin defragmenteer
ek probeer opgradeer
maar die program sê nee
ek bly vasgekeer
hardeskyf uitgevee
breindrein
breindrein
breindrein
breindrein
ek sal nie uitmekaar uit val nie
ek sal nie met myself terugpraat nie
dronk en duiselig
non-stop
doodloop
rondomtalie-simulasie
ek probeer
redeneer
maar die sisteem sê nee
ek bly vasgekeer
hou op op my skree
breindrein
breindrein
breindrein
breindrein
~
CTRL+ALT+DLT
kyk!
almal, kyk
verander die weer?
is ons kalenders verkeerd?
en hoor!
almal, hoor
dieselfde kak
oor en oor
fok die vers
waar’s die koor?
ek gee op
ek gee oor
verskoon my Frans
vivre l’amour!
die skerpste mes in die laai
steek die diepste
ons voer die algoritme ons siele
o, liewe here
vermoor ons gode
aanbid tegnologie
ons verstekinstelling
is om pyn te geniet
ctrl+alt+delete
geoptimaliseer
geprogrammeer
assimileer
konsolideer
paniekvlakke normaliseer
laat jou wil geskiet
ctrl+alt+delete
~
Dans deur die donker
dans deur die donker
een vir een
halogeen
bloospienk wange
rosé
wraakterapie
in die bed oopgesprei
jou aura
jou drome
pikswart
vensters tot jou siel
dis nie veilig nie
die nagwag is dood
in sy houthuisie
dis ’n towerkuns
glasie, glasie
sny ons palms oop
ek skree
jy skree
ons skree
en dans deur die donker
een vir een
halogeen
dans deur die donker
ons is die lig
vir ewig
en ek wens ek kon jou weer sien
dit was kak lank terug
by die Eersterivier
’n paar biere in die water
en ’n akkerboombos
harte gekruis
vir oomblikke verlos
van die druk van swaartekrag
en wat goed kos
het jy genoeg om jou kis vol te maak?
as jy jou pad na die hiernamaals maak?
vat hulle nog cheques in die hemel?
ek is goed vir dit
ek is goed vir niks
ek is goed vir niks
ek is goed vir niks
ek skree
jy skree
ons skree
en dans deur die donker
een vir een
halogeen
dans deur die donker
ons is die lig
vir ewig
dans deur die donker
ons is die lig
vir ewig
~
Die Einde
niks
beteken meer iets nie
wat’s die punt?
ek het alles opgefok
veels geluk!
soek simpatie vir my kondisie
ek moet buk
cocaine en Lamborghini’s
fokn sif
ek kan nie meer staan nie
ek moet nou ry
twee jobs
selfde pay
vind die natuur in ’n banksakkie vol nagmerries
dis tyd om te vier
die Einde is hier
die Einde is hier
die Einde is uiteindelik hier
ons kom in opstand teen die nuwe bourgeoisie
die glitterati-demokrasie
seiljagte
en Pine Nut in die whisky
wat nie noodwendig sleg is nie
maar jissie
ek kan nie meer staan nie
ek moet nou ry
twee jobs
selfde pay
vind die natuur in ’n banksakkie vol nagmerries
dis tyd om te vier
die Einde is hier
die Einde is hier
die Einde is uiteindelik hier
~
Die gees van Fokof
die gees is hier
die helder ligte skyn
die hele plek is vol
ons kan mekaar hoor dink
na nana na na nana
na nana na na na
dit voel soos sekondes
jou horlosie,
kyk!
agt ure is verby
as jy jou oë uitvryf
is niemand meer dieselfde na dit nie, ey-hey
moes fisies ’n kalender koop
vind ’n aandjie oop
die band is loud
stamp deur die crowd
maar die gees is hier
die plek is vol
en ons kan nog mekaar hoor dink, so
na nana na na nana
na nana na na na
dit voel soos sekondes
jou horlosie,
kyk!
veertig jaar is verby
as jy jou oë uitvryf
is niemand meer dieselfde na dit nie, ey-hey
na nana na na ey-hey
na nana na na ey-hey
na nana na na ey-hey
na nana na na ey-hey
~
Die skerm
die skerm se gesuig
die gekerm
die gejuig
doen ’n stupid dansie
grimeer die onderbewussyn
die duiwel dra ’n das
voor in die kerk
ek soek meer as ’n salaris
ek soek werk
jou juwele het bloed op
ek gee moed op
dis altyd die einde van die wêreld
dis ’n poes-op
dis nie nodig om my polse te sny nie
smag stabiliteit
maar kan dit nie kry nie
altyd in die duister
altyd sterre wat skiet
altyd in die afgrond in
ses voet diep
ek weet nie wat ek verwag het nie
dis nie nodig om my polse te sny nie
hulle kom
gewoonlik in my slaap
as hulle my kom haal
vergeet vinnig van my
dood hou jou gyselaar
en weier om te laat gaan
tik-tok tel die dae af
al my katte in ’n sak in
ek aanvaar mense is goed
maar ons is sleg vir mekaar
dis nie nodig om my polse te sny nie
smag stabiliteit
maar kan dit nie kry nie
altyd in die duister
altyd sterre wat skiet
altyd in die afgrond in
ses voet diep
ek weet nie wat ek verwag het nie
dis nie nodig om my polse te sny nie
ek weet nie wat ek verwag het nie
dis nie nodig om my polse te sny nie
~
Ek voel so klein
die see is ’n gedig
waarin ek myself verdrink
die maan
is ’n klok
wat aftel tot
die groot heelal
se herwinning
ek voel so klein
verlore in die wêreld om my
ek voel so klein
ek is ’n skaduwee
wat in my kussing in skree
ek het hoë bloeddruk
en ’n lae selfbeeld
ek is ’n vullisdromvuur
lewe in rotte-utopie
in ons noppies in
hoe slim is ons?
hoe slim is ons nie?
elke dag is Armageddon
ek hoor die trompette luid
elke tree wat ek gee is een tree
nader aan die singulariteit
ek voel so klein
verlore in die wêreld om my
ek voel so klein
ek is ’n skaduwee
wat in my kussing in skree
ek het hoë bloeddruk
en ’n lae selfbeeld
ek is ’n vullisdromvuur
lewe in rotte-utopie
in ons noppies in
hoe slim is ons?
hoe slim is ons nie?
hoe slim is ons nie?
hoe slim is ons nie?
ek voel so klein
verlore in die wêreld om my
~
Fok rond/vind uit
bewaar jou siel
moenie boeke brand nie
beman die gevegstasies
teen verstandparasiete van die tronkplaneet
moenie stilbly nie
moenie terugstaan nie
verraai die oorheersers
van die kwantumhologram
kom julle terug?
daar is kwik in ons murg
al wat oorbly is hoop
en ek hoop ek sien jou môre weer
fok rond
vind uit
fok rond
fok rond/vind uit
kwantifiseer die natuur
rand en sent
sy verstaan nie
suig die gees uit
was jouself af
ons is maaiers op ’n
besoedelde karkas
kyk op na die kosmos
verstik in die wolke
smeek om verlossing
in wat ontwikkel ons in?
wees water
nie sement nie
wees asem
nie plastiek nie
wees lig
daar is wiskunde
in die blom, atoombom
een het deernis
die ander uranium
die een vlek oop
die ander ’n chrysanthemum
die een na die ander
liggaamstapels in die naam van vordering
fok rond
vind uit
fok rond
fok rond/vind uit
~
Die goeie ou dae
watse deel van die goeie ou dae mis jy?
is dit patriargie?
of lyfstraf kry?
nou’s ons glase vol
Urbanol en alkohol
soek net iewers om uitmekaar uit te kan val
ons leef basies
in ’n TV tussen stasies
almal op hul tone
hul fone
hul gode
hommeltuig-patrone
hologram-spoke
droom met oop oë
ek is almal wat voor my was
’n junkie op ’n vloermatras
’n kind met vlieë op haar gesig
’n enkelouer-alkoholis
en jou pa wat by ’n brug af
spring
watse deel van die goeie ou dae mis jy?
is dit die massamoord?
of oopkyktyd?
nou’s ons glase vol
Urbanol en alkohol
soek net iewers om
uitmekaar uit te kan val
weet jy wat maak ’n plek kak?
dis die mense
daar’s baie van ons dood
en ons hou net aan met lewe
die moeilikste ding is om myself te vergewe
ek is almal wat voor my was
’n junkie op ’n vloermatras
’n kind met vlieë op haar gesig
’n enkelouer-alkoholis
en jou pa wat by ’n brug af
spring
watse deel van die goeie ou dae mis u?
is dit die passewet?
of die potpourri?
nou’s ons glase vol
Urbanol en alkohol
soek net iewers om
uitmekaar uit te kan val
~
Oorgestimuleer
die vensters in die lug
die goud in die vullis
nou is al wat jy het
liefde is al wat daar is
hallo koebaai, my kind
onder ons klere is ons aliens
ek soek nie feite nie
ek soek aandag
kyk onder jou voete
laat jou hart oopbreek
en in die grond wat daarin is
plant ’n saadjie weer
reïnkarnasie gebeur
terwyl jy lewe
gaan jy dood
en dan lewe jy weer
nog baie om te weet
ek is oorgestimuleer
bonatuurlik
abnormaal
vergeet jouself
en wees mekaar
en welkom in die wilde, vrye chaos, my kind
drink ’n ietsie
kyk ’n bietjie
soen mekaar
en sing ’n liedjie
maak skerp jou hart se punt
hallo koebaai, my kind
ek soek nie feite nie
ek soek aandag
kyk onder jou voete
laat jou hart oopbreek
en in die grond wat daarin is
plant ’n saadjie weer
reïnkarnasie gebeur
terwyl jy lewe
gaan jy dood
en dan lewe jy weer
nog baie om te weet
ek is oorgestimuleer
~
Goue drol
is dit ek?
is ek oud?
uit voeling?
is ek dom?
is ek hier?
is ek daar?
ek sit vas
ek is niks
ek is seer
ek is die vyand
ek is verkeerd geleer
maar ek probeer
my rekening lyk effens laag
is ek dalk te fokn laat?
is ek dalk te fokn laat?
ek het nie tyd vir hierdie kak nie
motivering kom en gaan
ek het nie tyd vir hierdie kak nie
my gesonde verstand vergaan
ek het nie tyd vir hierdie kak nie
vinger die skerm aan die slaap
ek het nie tyd vir hierdie kak nie
ek het nie tyd
nie tyd vir hierdie kak nie
dis my siel
dis my werk
dis die angs
dis die euwel
dis my hart
dis ek wat bad in kortisol
eensame vlieg sirkel ’n goue drol
die moraal in die kamp is baie laag
is ek dalk te fokn laat?
is ek dalk te fokn laat?
ek het nie tyd vir hierdie kak nie
motivering kom en gaan
ek het nie tyd vir hierdie kak nie
my gesonde verstand vergaan
ek het nie tyd vir hierdie kak nie
vinger die skerm aan die slaap
ek het nie tyd vir hierdie kak nie
ek het nie tyd
nie tyd vir hierdie kak nie
die stryd is broos en onvoorspelbaar
dis wreed, waar en onverstaanbaar
en alles is nie jou skuld nie
dit voel net so
ek het nie tyd vir hierdie kak nie
ek het nie tyd vir hierdie kak nie
ek het nie tyd
nie tyd vir hierdie kak nie
~
Word wakker/word groot
vryheid vergaan as jy dit nie gebruik nie
geen rede om te lewe
geen rede om te sterwe nie
ons is mak gemaak
ons is ingebreek
ons sluk die medisyne wat hulle vir ons gee
en die kinders skree
probeer ons wakker maak
terwyl ons hulle forseer om te gaan slaap
word wakker
word groot
word wakker
word groot
en deel van die Masjien
word wakker
word groot
word wakker
word groot
en kniel voor die majesteit van die Masjien
moenie oor shit dink nie
moenie shit dink nie
’n bietjie liefde
baie moed
’n bietjie hartseer
baie bloed
’n bietjie fukt-up
baie môregloed
’n bietjie te baie kantoor toe geroep
’n bietjie te veel
baie te min
’n bietjie te laat
gaan nog baie sing
’n bietjie koel bries
baie ink op papier
bietjie warm aande
baie tequila in die vuur
bietjie-bietjie word baie
brand jou fokn energie
hier
het die gevangene
bewaardersklere aan
erf jou plek in die piramideskema
ons is mak gemaak
ons is ingebreek
ons sluk die medisyne wat hulle vir ons gee
en die kinders skree
probeer ons wakker maak
terwyl ons hulle forseer om te gaan slaap
’n bietjie liefde
baie moed
’n bietjie hartseer
baie bloed
’n bietjie fukt-up
baie môregloed
’n bietjie te baie kantoor toe geroep
’n bietjie te veel
baie te min
’n bietjie te laat
gaan nog baie sing
’n bietjie koel bries
baie ink op papier
bietjie warm aande
baie tequila in die vuur
bietjie-bietjie word baie
brand jou fokn energie
word een met die Masjien
word een met die Masjien
word wakker
word groot
word een met die Masjien
word wakker
word groot
word een met die Masjien