32 page booklet_Standard gloss stock_no spot uv-05.jpg

Dis in my bloed, baby

ek verloor
dis in my bloed, baby
sit dit als op rooi
nie verwag om nog te lewe nie
ek dink ons vat daai stuk kak kar van ons
en ons fokof
 
die dae bloei in jare in
ek kners my tande weg
want die sekelmaan hang vanaand
soos ’n vigilante guillotine
dekoloniseer my asseblief
 
ons is die gevangenes
kliek
kliek
kliek
kliek
POW!
en ons hou onsself gevangene
 
ons werk is voltyds
wie sal die wagte bewaak? 
wie gaan jou bed opmaak?
as jy vermoor word in jou slaap
 
selfoon
roofkyk
hoe die Paarl afbrand
hoe ons vriende se kinders lyk
gebrek aan empatie
sukkel nie om myself jammer te kry nie
wit trane
wit skuld
hang soos ’n neo-liberale guillotine
dekoloniseer my asseblief

 
 
 
32 page booklet_Standard gloss stock_no spot uv-07.jpg

Parkiebank, herfs 2017

jy mag jouself dalk vind
in die middel van die dag op ’n parkiebank sit
en dan dink jy
hoe bekostig hierdie mense hierdie Europese karre en paleisale Toskaanse tronke
jy mag dalk dink
in ’n arm land is rykdom ’n skande, maar
iemand is altyd ryker as almal anders
 
en jy mag dalk dink
wat doen ek
dat ek in die middel van die dag op ’n parkiebank kan sit?
en dan raak ek bly
want wat is daar om te doen?
wie probeer ek beïndruk?
en dan dink ek by myself
ek gaan nie my hele lewe lank werk om eendag niks te kan doen nie
ek sal sommer nou begin
 
ons doen nooit wat ons sê ons gaan nie, nè? 
wat maak ons nog hier?
hierdie plek is nie ons s’n nie
huis is waar jou mense is
my mense het nie tuisland nie
wat maak ons nog hier?
hierdie plek is nie ons s’n nie
 
miskien dink jy by jouself
ek is ’n produk
ek is ’n bemarkingsveldtog
ek is ’n kommoditeit
dis nie hoe ek my kinders wil grootmaak nie
die middelklas is ’n buffer
en ons moet hier uit
honger mense bly nie lank honger nie
 
die malles het beheer van die malhuis geneem
en hulle kom al hoe nader aan die kluis
in die donker is die blinde een koning
maghonger koning maak
maghonger volgelinge
en koning bly nie lank op sy troon nie
 
ek lê op die gras en luister Lucas Maree
ek vermoed die hart werk soos die weduwee se kruik
haar hart is seer, want haar man is dood
en ek kan dit op my vingers tel wat vir my belangrik is

 
 
 
32 page booklet_Standard gloss stock_no spot uv-09.jpg

Afgesonder

skerp Afrika-son wat klop op my rug
panga-woorde wat op oerwoud-ore val
 
hou ’n oop gemoed
vertrou niemand nie
ek het die harde manier geleer
ek kyk weer na die horison
weet waar my vreugde vandaan kom
dit is moeiliker om kind groot te maak
as om grootmens te speel
 
by die suidpunt
by die see
leef ons afgesonder
van die wêreld afgesny
 
my onkunde is dalk my kruis
ruggraat in die sitkamer verloor
baklei en skree
oor en oor
dit is makliker om kinders te maak
as om grootmens te speel
 
hou ’n oop gemoed
ek sê vertrou niemand nie
dis veiliger hier
minder misdaad
meer vakansieoord
werklik ’n wêreldklas stad met
wêreldklas kak
hierdie bubble gaan bars
 

 
 
 
32 page booklet_Standard gloss stock_no spot uv-11.jpg

Ek glo in die son

ek glo in die son
dat hy môre weer opkom
ek glo in my vrou
ek glo in my kind
 
ek glo in die wind
ek glo in die reën
ek glo jy moet alle mense hanteer
soos wat jy hanteer wil word
 
ek glo in die berge
ek glo in die seer
ek glo daar is mense wat nog omgee
ek glo in ons
 
ek glo in die son
ek glo in swem
ek glo in my hond
ek glo in die son
dat hy môre weer opkom
ek glo in luister
ek glo in my vriende
 
vervelig en kort
ure is wonde
die laaste een dodelik
dis later as wat jy dink
 
dis onredelik
en dan’s dit verby

 
 
 

Selfoontoring van Babel

dis ’n teer saak dié 
laat ons die pad vat
ek is oppervlak
krap diep
en jy sal draadwerk en waansin in my sien
 
robot god spinnekop
lê eiers in my mond
ons bewe in sy teenwoordigheid
sit vas in sy spinnerak
 
biologiese rekenaar
kopieë van mekaar
gebreekte antenna
sukkel om te kommunikeer met mekaar
 
ons kruisig die wyse
en wys na die kruise
as bewyse van ons menslikheid
sal vir jou die data myn
en hou soos ’n geheim

 
 
 
 

Ek is cool (ons is fukt-up)

 
as ons skip aankom
dan brand ons dit af
ek sal dan bly lê en slaap
die hele ongoddelike dag
ek hoop jy dink nog ek is cool
 
ek het sleg gevoel
toe vergeet ek daarvan
jy lyk goed
ek was verlore
nou’s ek deurmekaar
jy lyk nog steeds goed
ek hoop jy dink nog ek is cool
 
want ek voel lekker fukt-up
 
weer vasgevang in die voorstede
net nog een van die massa histerie
ry elke dag verby waar die tiekiebokse was
ons was lekker fukt-up
 
ons was hart
ons was roes
ons was herfsblare
ons was lippe
ons was blomme
ons was gloei
ons was aande na home cell
ons was kick flip by die trappe af na koffiekroeg
ons was punk-rock by Danie Uys Park
nou net ’n knik in die supermark
groet
ek wil dit nie erken nie
het niks om vir jou te sê nie, maar
ek hoop jy dink nog ek is cool
 
stap verby waar jou pa homself geskiet het
by die motorhuis waar sy haar kinders vergas het
ons is lekker fokn fukt
in die voorstede
probeer die gruwel van ons kinderdae
herleef deur ons kinders daar
in die voorstede
 
ons is lekker fukt-up

 
 
 
32 page booklet_Standard gloss stock_no spot uv-19.jpg

Wat is hierdie liedjie se naam?

wat?
wat is ’n man, dan?
’n man is ’n ding wat kak vir sy kinders opfok
en dan weggaan (word gebore. plant voort. gaan dood)
 
dis maklik om ander
te blameer
vir jou omstandighede
 
as hierdie klip sink
hel toe gaan in ’n handmandjie
bly hierdie kaptein op die skip
 
ek is die een
ek is die een
ek is die enigste een in die heelal
wat nie uniek is nie
 
grootseun huil net in die reën
pa se meisiekind moet onderdanig wees
aan ’n man wat sy gevoelens opkrop
tot sy vuiste deur die kamerdeur ontplof
die siklus van haat
bou al van kindsbeen af op
 
sterk wees
noodsituasies soos ’n recce navigeer
my trane onderdruk
en my emosies beheer

 
 
32 page booklet_Standard gloss stock_no spot uv-21.jpg

Belowe jou belowe my

ek staan op
ek voel dom
fout om in die spieël te kyk
probeer myself vermom
sit met my oorfone op
om ander mense te vermy
herhaling kalmeer my
 
dis amper verby
alles verby
dis amper verby
probeer om positief te bly
die spookpyne in my bors
asem in
asem uit
belowe jou
belowe jy my
 
dat jy sal probeer om beter te verstaan?
as jy iets het om te sê
jy jou mond oop sal maak?
dan sal ek probeer om myself minder te haat
want ek het myself
en ons
al genoeg skade gemaak
 
trek al die laaste krag
uit daai laaste trek uit
weet dis sleg vir my
ek hoop hierdie dag
gaan vinniger verby
vergulde geraamtes
ons is net vleis
alles
vir altyd

 
 
 
32 page booklet_Standard gloss stock_no spot uv-23.jpg

Selfmedikasie

daar is vrees in my pa se oë
sy gewete brand soos tyres
’n rooksein na daarbo
ons is almal in dieselfde boot
vasgeketting aan die aarde
en ons fok net voort
dinge verander
dinge verander
dinge verander nie
 
waar bly jy? 
jy bly stil
wat sê jy?
sukkel om jou te hoor
bo die kakofonie
deur die ligbesoedeling
sukkel ek om jou te sien
selfs met die
selfmedikasie
 
daar is hoop
in my ma se hart
haar gebede soos ’n swerm
’n noodkreet na daarbo
almal in dieselfde boot
vasgeketting aanmekaar
en ons fok net voort
mense verander
mense verander
maar Jesus nooit
 
jissis, party dae voel’it vir my asof ek dit nie gaan maak nie
en dan kan ek nie verstaan hoekom jy vir my kwaad raak nie
hoekom ek nie kan onthou om die bed weer op te maak nie
hoekom ek bang is iemand breek in terwyl ek nie daar is nie
waar bly jy?
in Bellville
waar’s dit?
dis daar langs die N1 naby Durbanville

 
 
 
32 page booklet_Standard gloss stock_no spot uv-25.jpg

B2CY

in Bellville
op die strate
niks om te doen op Woensdae-aande
het gesê ek sal nie kak aanjaag nie
lê my kop neer
wil nie ophou raas nie
 
dit was Woensdagaand, 27 April, 1994
hy was 13 jaar oud
naïef en onbewus
maar ja …
 
jy behoort te weet jy kon my enige tyd
in die middel van die nag
by die vulstasie kry
’n leë coke-bottel vol petrol [
vlam-pentagram
skool-sportgrond
 
band-name
knipmes
skoolbank
daar was verandering in die lug
die velkleur van beheer
was die enigste verandering
 
harde negatiewe musiek
het my lewe gered
dit hou my kalm
soos ’n landmyn
ek bly
nou’s ek stil soos ’n bom
 
ek onthou Desembervakansie wat nooit ophou nie
my ontwikkeling is onder huisarres
ons suip en naai net nie meer in parkies nie
en gaan net kerk toe as daar ’n begrafnis is
 
band-name
knipmes
skoolbank
dit sal nog steeds daar wees onder al die vernis
verandering is die enigste konstante
whatever
 
die verkeersligte hou ons dop soos ou-regime robotte
agter in tuine buig slap gerookte nekke in wendy-huise vooroor
tussen die gras wat kniehoogte is wat maagdevliese soos knipmesse insluk
is daar niks om te doen nie

 
 
 
32 page booklet_Standard gloss stock_no spot uv-27.jpg

Komma

in jou gesig is ’n sterrestelsel
ek is ’n kind wat na die sterre kyk
as jy jou hande deur my hare vryf
in die donker
voel ek weerloos
voel ek weer klein
 
as die storm weer begin sanik
die berg brand
en die boom omwaai
en die vlamme aan my gordyne lek
dan skryf ek vir ons ’n nuwe plek
 
want as die weer weer kom
sal dit kom om te bly
ek ken die skaamte en die kwesbaarheid
ek onthou ons het hardop gebid
en ek onthou ons het in ons skoolklere gevry
 
so ek skryf maar vir my ’n wegkruipplek
want ek weet die weer sal weer kom om te bly
 
maar
komma
kom maar
komma
kom maar weer
hierdie keer is ek gereed
 
ek sal ’n byl in my hand hê 
partykeer moet jy
iets oopbreek
ek ken van in die hoek geskop word en gil
jou teen die ruit stamp dat ons albei kraak
 
ek skryf maar vir my ’n wegkruipplek
daar’s ’n berg houtpiele wat brand in pleks van my verstand
 
maar
komma
kom maar
kom maar binne
weer
hierdie keer is ek gereed
 
in jou gesig is ’n sterrestelsel
ek is ’n kind wat na die sterre kyk
as jy jou hande deur my hare vryf
in die donker
voel ek weerloos
voel ek weer klein

 
 
 
32 page booklet_Standard gloss stock_no spot uv-29.jpg

FLVJ

5 vingers vir die vuis waarmee jy my wil slat
4 uur is te laat om in die strate te stap die
3de keer is gelukkig, die trane spat die
2 van ons my skat, ons vat
1 vir die pad
 
jy’s die volume op my radio
sout in my wonde
so hoog as moontlik
so seer
jy maak my gesonder
dinamiet kom in klein boksies
dis antisepties, maar
liefde is toksies
en dit maak my siek om te sê
 
ek’s fokn lief vir jou
so fokn lief vir jou
ek weet ek sê dit te min
maar ek sê dit nou
al die kak wat ons al deur is
fokn lief vir jou
 
ek weet daar’s moeilikheid daarbuite
en ek dink ons sal dit maklik kan vind
as jy my aanbid
en ek jou vat soos ’n vitamine
geen dissipline
 
ek weet ek sê dit te min
maar ek sê dit nou
so fokn lief vir jou
 
daar’s so kroeg tussen Sanlam hoofgebou en die Strandstraat se Spar
oulike dame
wat agter die toonbank staan
week se salaris in die bank
geen planne gehad
vat julle kaarte vra ek
nee ons gee hulle terug
nou hoe gaan ek betaal
en hoe laat maak jy klaar?
sy sê sy werk nie
nou wat maak jy agter die bar?
ek wag vir jou
sê sy
en jy mors nou my tyd
daar’s reëls om te breek
en foute om te maak
kom ons maak onsself los en gaan sit vas in mekaar

 
 
 
32 page booklet_Standard gloss stock_no spot uv-27.jpg

Lied van die slang

O, hel
hel is om alleen te wees
hel is om mekaar te vrees
hel is om oud te raak en om genadedood te smeek
 
wrakke wat wag
soos skepe in die nag
 
om buite te wees
dis beter om buite te wees
beter as binne waar goed kan breek
dis beter om buite jouself te wees
 
uiteindelik kompos
ons stoot die daisies op
neem kamer temperatuur aan
waarheen het die tyd gegaan?
 
ja, die aarde is my graf
geboue my grafsteen
ek het ontstaan met die skepping
ja, ek is in elkeen
 
ons gaan in rye staan
burokratiese hiernamaals
 
O, hel
hel is om kwaad te gaan slaap
hel is haat koester in jou hart
haat kruip kanker
sluip serpentyn  
gaan my kop teen die stuurwiel stukkend kap
 
voor die hemelpoorte opgaan
gaan ons in rye staan
wrakke wat wag
soos skepe in die nag
 
die lig gebring
die pad gewys
ons leer sing
ons leer skryf
hy is in jou
hy is in my
 
die duiwel is in die details