SOME OF OUR FANS

_DSC5522.JPG.jpg

Tiaan H.

Fokof got me through some tough times in High school. Especially matric. Who knew it gets so much
harder?? But fokof is still there. The day after my 18th birthday, I went to lente lawaai in Pretoria.
Now I know fokof wasn't performing that day but van Coke Kartel was. I got so drunk I passed out
on a bench in the beer garden. About an hour later I heard Francois' vocals echoing across the
rugby field. Like the phoenix rising from the flames the music propelled to my feet as I absolutely
refused to miss the show. Saw the whole set as well as Jack Parow's performance and passed out
again in the boot of my mate's car. To this day one of my fondest memories and one I shall cherish
for the rest of my life. #fokofislewe


Potch_Fokof_0163.jpg

Leon-Ross C.

Ma en Pa is dood.. ek was n "bad way" het te veel vra gehad vir imand wat normal was. Vra oor politiek, my identityd, religion oor alles.. fokof het my laat voel dude jys ok vra daai vra. Dit het my
bewis gemaak oor die toestand van ons land en dat ons iets kan doen. Dit het vir my ook gewys
dat jy is nie allen nie ons almal het vra. Die eerste keer ek vir fokof gesien was by die mk fees bfn..
ek het julle manne daar ontmoet en n paar jaar laater weer saam julle gekuier by mispa lodge bfn..
julle het my lewe veraander ek was nie meer bang om vra te vra nie!


IMG_8061.jpg

Sonja M.

I saw you guys for the first time in London in 2005, and the songs and the lyrics had such an
impact on me. I was in an abusive relationship back then and was too afraid to leave. Your lyrics
gave me the courage to leave that whole situation behind and save myself. Thank you Francois,
Jaco, Hunter, Wynand and Johnny for being my heroes! #fokofforlife


!cid_4C686310-88F5-4787-A823-0E2AB77B705C@local.jpg

Derik V.W

Het julle gesien by Woodstock 2003. Julle het gemaak dat ek begin in Afrikaans skryf het. Tot op daardie stadium was dit net cool om in Engels te skryf en sing. Die impak wat julle op die taal en 'n generasie gehad het is enorm. Ek wonder hoeveel Afrikaanse bands sou nooit gewees het (en daar is steeds te min na my sin) as dit nie vir julle was nie. Julle is in dieselfde kaliber as 'n Koos Doep en Johannes Kerkorrel itv wat julle vir Afrikaans gedoen het, en die Ramones, Jimmy Hendrix, Nirvana vir wat hulle vir Rock gedoen het…
 


!cid_DA2E3187-1A77-46AF-832C-9D5C2ADD4D33@local.jpg

Cayleigh S.

I come from a very english family. I was put into langebaan weg primary school and from there I become a fluent afrikaaner. From there I made alot of Afrikaans friends as I was the only soutie in the school. My love for local bands grew its started with tweak and 16 stitch and then I found fokofpoliesiekar. Everyone was so horrified by the name but I fell in love with the music. It got me through a lot of sadness, good times, crazy times and just helped me through my day. I dragged my friends around to all the gigs. I never missed them. My best friend and I nearly got arrested for getting drunk in obs and screaming fokofpoliesiekar at the cops and trying to walk away. You guys have made me the lover of local music today and I will always listen to you guys . The songs will always be in my playlist. Thank you guys for being kif.
 


02_Fokofpolisiekar_023_DSCA7577.jpg

Ferdi V.D.H

Fokof het my gehelp deur my groot word jare, ek het altyd gesukkel om selfvertroue op te bou. Fokof het my gehelp om rugby matches te jol tot die beste van my vermoë, my soms gehelp om uit moeilik plekke en situasie te kom in my lewe. Tiener wees was nooit maklik nie, maar met julle musiek kon ek elke dag aanpak asof ek n nuwe begin het. Elke liriek en wyssie vloei tot vandag toe deur my are, dit hou my deesdae gemotiveerd vir die lewe. Dankie vir julle musiek en vir wat julle vir ons almal gedoen het met die awesome songs


D3A_9798.jpg

Letitia D.W

Simple: groot geword in 'n close minded conformist community & society in 'n dorp met geen kultuur en liberalism. Huisgenoot, die kerk en Almal daar het vertel julle is "duiwels" en sleg. Thank god ek is Stellenbosch toe vir 2 jaar en saam my vriende in 'n klein Uno een aand Vernietig Jouself 7 miljoen keer oor geluister en Riool Rot Rivier Rot hidden track ons gatte af gelag voor. Ek het daai jaar my hare in 'n mowhawk geskeer, nog 'n tattoo gekry en geweet dis ok om alles te bevraagteken en dat as mense ouer is weer hulle nie altyd fkn beter nie. Dankie vir die eye opener en dankie vir die musiek, deur my beste en slegte tye.
 


IMG_3752Photography - Adriaan Louw.jpg

Desiree B.

Julle het by ver afrikaanse musiek gevat en n nuwe gesig gegee.... julle was die eerste ouens wat die eiers gehad het om te praat vir ons almal.... groot invloed op my gehad ek was 91 gebore so nie veel geweet van wat alles gebeur het nie.... maar het dit gesien in my vriende en Familie.... julle was my leiding en my stem deur n deurmekaar "nooit n fokken antwoord vir eenige vrae" wereld.... as n tiener..... thanx.... musiek is suurstof kan nie bestaan sonder dit nie.... so lank gewag vir Selfmedikasie en julle het soos altyd deliver....nou kaap toe getrek van JHB af en ek moet se.... verrstan nou meer as ooit julle experiences..... Die Kaap is fokken mal
 


IMG_6264.jpg

JJ V.D.W

Het by die huis gekom na nog 'n dag van bullying by die skool.
Was gedurig uitmekaar geskeer,en op hierdie dag sit ek die radio aan op 5FM en hoor van hierdie Afrikaanse band wat naam gemaak het in Europa. "As jy met vuur speel" het toe gespeel en my lewe was verander. Ek het tuis gevoel, en het in Fokof se lirieke verdrink vorentoe. Elke enkele liedjie oor die jare het my deur Hoërskool gedra, waar ek alleen gevoel het. Elke enkele liriek het my laat voel asof ek dit gaan kan maak. Deur talle donker tye was julle musiek daar vir my en het my gemaak wie ek vandag is.En met die release van Selfmedikasie...toe ek Bloed baby hoor, het dit my dadelik terug geneem na daai eerste song wat ek gehoor toe ek huilend op my bed gesit het 14 jaar terug. Hoendervleis oral, en nou in 'n tyd waar my lewe baie goed loop, voel ek nogsteeds tuis saam met die band wat soveel mense se lewens gered het. Thanks vir alles wat julle vir ons gedoen het oor die jare. Fokof fan for life and death!
 


IMG_6312.jpg

Arthur J.M

The 1st time I listened to Fokof was in 2011 when I was on vacation vsisting friends in South Africa(Tygerberg Vliegtuig was playing on a bar or something) the music was just unreal instantly loved it, Im brazilian but I was born in the Netherlands so I could understand some of the lyrics and they were as good as the music, so I bought "As Jy Met Vuur Spel Sal Jy Brand" (what a record by the way) and brought it back with me to Brazil(listened to it all the way back on a 10hour flight haha) since then Fokof became my favourite band, mostly because as a youngman that was raised in a very traditional Christian country like Brazil I'm quite fond of what the lyrics stand up for and I really enjoy those guitar riffs! I managed to get all your full-length albums, either by iTunes or when a friend of mine was going to South Africa or was coming from South Africa to visit me I'd always ask them to bring me a Fokof record as well as I'd buy Fokof merch online while they were in SA and they would bring it to me. I was fair happy to have my brother in South Africa by the time Selfmedikasie was released hahaha hopefully I'll see you guys live one day, you are some band!!!
 


IMG_6595.jpg

Stephanie G.

I was introduced to Fokofpolisiekar by my wonderful husband Regardt G. nearly 4 years ago. What a learning and insight to impact fokofpolisekar has had positively to many generations of listeners. A bad that makes amazing music and a group of amazing people which I have had the privilege to meet some members. Thank you guys and love the new album.


IMG_7641.jpg

Nick S.

Ek vat my vrou nie meer Fokof shows toe nie. Sy's Oostenryks en toe ek haar begin saam shows toe vat en sy begin saam sing het haar Afrikaans dramaties verbeter. Die eintlike probleem is dit: gereeld ná die show in die slaapkamer noem sy my per ongeluk Francois! En een of twee keer het ek haar Wynand genoem...per ongeluk, natuurlik.


IMG_7755.jpg

Jacques W.S

My verhouding met Fokof het begin nog voor hulle Fokof was, sou ek sê. Dit het begin met my en Hunter wat punk rock geselsies knoop oor die idee van 'n Afrikaanse punk band met sigarette in ons bekke buite die Paarl by Butterfly World in die dae van 22 Stars en New World Inside. Ek was in Engeland to 'As jy met vuur speel sal jy brand' uitgekom het, en ek het toe vir Jaco S. Venter gebel en gereël dat hy CDs en T-Shirts opstuur om die woord van Fokof te verkonding in die land van die Engelse. 

Toe ek later terugkom in Suid Afrika het ek heerlik saam met die bende by die KKNK kak aanvang en saam met Francois van Coke gesit terwyl die boer seuns vir hom wou kak gee, maar daaroor sal ek liewers nie te veel hier oor sê nie. Dan is daar die shows in Mosselbaai wat amper soos Kaktus op die Vlaktus was vir van ons; Willim Welsyn se verjaarsdag in die Klein Karoo dorpie van Ladismith en baie ander shows wat my en ons almal na besonderse plek geneem het. 

Fokofpolisiekar het my so geïnspireer dat ek later my eie band, The Great Apes, begin het en so kon ek darem twee keer die verhoog deel saam met my idols. Jaco S. Venter was so gaaf om props te gee vir The Great Apes toe hy ons logo shirt op die cover van die Rolling Stone gedra het die dag van die photo shoot.

Alhoewel ons nie baie praat nie, voel ek dat ons wat so fucked up was toe ons jonger was darem dinge nou beter kan hanteer. Fokofpolisiekar se klank sal altyd in my bloed wees en die bende in my hart. PS Wanneer fokken braai ons, die kids moet mekaar ontmoet.
 


IMG_7756.jpg

Riaan C.

2003 net na matriek het ek gegaan vir ñ onderhoud om by ñ casino te werk in Klerksdorp, ek is van Orkney. Daar was 3 fases van die interview, ek het na die 2 fase ingestap by ñ musiek winkel om tyd verby te kry, opsoek na iets nuuts....en daar vind ek "as jy met vuur speel sal jy brand", ek het dit gekoop en geluister en besluit ek gaan nie terug gaan vir die 3de interview nie, ek sal nie myself vestig vir minder nie, ek sal nie kaarte gaan deel en my drome opgee om te ontdek en te vergeet van my tienerangs nie, ek sal met vuur speel tot ek brand. 14 jaar later in die Kaap is ek vandag en is elke dag dankbaar vir FOKOF se album daai tyd wat die deel in my lewe gespeel het alhoewel ek nogsteeds fucked-up is en rook het ek soveel bereik deur Fokofpolisiekar wat my vreesloos laat besef het wie ek is. \m/
 


IMG_8040.jpg

Antoinette P.

Die jaar 2003(dink ek). Ek's van die platteland, Wellington, waar ons nie te seker was van ons identiteid nie. Ons was kwaad, maar nie geweet hoekom nie. Ons ouers was ook kwaad, maar vir ander redes. Almal was kwaad! In parkies het ons tassies gedrink, lang sigarette gerook en in 'parking lots' gekyk hoe die seuns skateboard ry. Toe hoor ons 'n 'band' speel by die 'local pub'. Fokofpolisiekar.... Uiteidelik 'n manier om ons woede te onstook. Ek was verlig, ons is nie aleen nie, ek mag kwaad wees en ek mag my woede vir die wereld wys. Fokofpolisiekar se impak is aaneenlopend. Nostalgie, woede of eensaamheid, met die 'play' knoppie is jul daar. My terapie, dopomien en adrenalien.
 


IMG_8066.jpg

Juan S.

Ek het die eerste keer Fokofpolisiekar se liedjie tevrede op n tape gehoor, wat my neef van Tuks FM 107.2 af record het. Ek onthou dat ek die volgende dag vir al my buddies in die skool vertel het van die band met die vloekwoord in hulle naam. Van daar af het julle soos my stem geword en ek het elke leriek van elke song soos die palm van my hand geken. Ek is by elke show wat ek kan wees en ek maak seker dat ek nie meer n stem oor het na so show nie. Julle is die woorde wat elke rebelse, misverstaande, verlore, soekende afrikaner wil uitskree. Julle ouens is ware legendes in my oe en ek sal n aanhanger bly tot die dood!


IMG_8082.jpg

Catherine S.


Ek onthou dit genuine soos gister… Ek was 14 jaar oud, netbal gespeel, blonde hare gehad en het letterlik fokol geweet hoe ‘n local band met die naam Fokofpolisiekar my lewe gaan verander nie. My tannie was op ‘n vliegtuig saam Karen zoid se drummer en het gechat oor hoe ek begin guitar leer by die kerk ens. Amazing grace was die eerste song wat ek geleer het en nie lank daarna Hemel op die Platteland. Karen se drummer het tickets gereel na Tuks jool en sy het my saam gevat. Ek staan voor ‘n stage en sien ‘n band wat cooler as enigeiets voorgekom het. My liewe fok? Hulle sing in Afrikaans? Wat gaan an… Wie is hulle? Fokofpolisiekar. Daar het mense gevry, gekots, baklei, gesing… Soveel verskillende emotions. Hoekom? 1 Band… 1 Band het ALLES verander. 1 group het almal connect. Ek het fokof begin volg soos n crazy mens. Ek onthou by thrashers het ek my skoene uitgetrek en na wynand toe gehardloop soos n idiot en gese sign asb net hierdie skoene. Julle is nie legends gewees vir my in my tienerjare nie. Ekt julle aanbid. Ek dink partykeer julle verstaan nie watter wave of energy julle vir kids in skool beteken het nie. Hunter se lyrics, alles… Ek het die blonde kop swart gekleur, dadelik by ouens soos Fish archer en Nathan Smith electric geleer. Music geswat na skool. Het n full time werk nou maar ek chase die droom nogsteeds en die een rede daarvoor is KYK WAT HET JULLE REGGEKRY! Julle grootste fan se naam is Juan InvisiBilly Snyman. Gee vir hom die hamper asb, hy is my beste buddy en kom letterlik na elke show toe. Dankie dat julle deel is van my siel. Dankie dat julle deur alles nogsteeds jam!
 


Potch_Fokof_0171.jpg

Hugene K.

Nothing sobby of weird, maar pretty life changing. Ek onthou een aand baie laat net toe ons DSTV gekry het, toe sien ek Hemel op die Plateland se video op MK, my mind was geblaas en die image van 'dit is ons' op die sypaaidjie was vasgebrand in my kop. Later toe ek wakker word toe is daar net woorde wat deur my kop gaan en ekt begin skryf daai aand..so het ek gehunt vir elke album om my te guide met die tiener angs en so het dit my direct na musiek toe! No jokes, harde, negatiewe musiek het my lewe gered, al was dit net van averageville af.


RTD2017_TashMontlake_Sat-71.jpg

Deon H.E

Selfmedikasie .. Wat n fokken toeVal. Afikaanse kultuur ,respek en wysheid word in mens in gemoer . As die bende fokof luister het ek geweet wanner om my bek te hou! Fokof laat adrinalien deer my liggam pomp en my daraan verslaaf gemaak. 25 July 2017 het ek my in my moer geval en my n trip in n vluigtuig grooteschuur ICU toe gekos. Ek het my wysheid verloor ,maar ek het geweet as jy met vuur speel sal jy brand ! Geluide en klanke was op my vriende en familie geskree mar al wat hulle hoor is "bid vir my “.

Ek praat met die bende mar hulle was almal vir my vreemdelinge . Ek was ontslaan en huistoe gestuur .Ek dog dit was Hemel op die platteland ,maar was marnet n Tiny Town fucked gebrande Knynsa . Daar sit ek met amper brein skade , ek is dalk nie n sent werd ni maar ek voel sos 300 rand . Elke week kuier ek by die terapeut en voel dagdronk ! My meisie sien ek is fokken moertoe en besluit ek kort Antibiotika ! Sy weet ek kan fokol onthou wat ek gelees het in n biografie van n bende nie en dat ek negatief is ,maar sy weet dit is net monoloog in sterio . Eendag daag dar n man met pos by my huis op...en binne in was SELFMEDIKASIE !! (Wat P#*S goed werk en my posetief hou )

Ek skryf in ,nie om my storie te vertel ni .. Mar dat my SELFMEDIKASIE besig is om op te raak !! Ek het die CD al so baie geluister dat hy al begin hak !! My eerste bier wat ek eers na 3 en half maande geregtig was op was nie fokof lager ni .. Mar wel in n glas wat n polisieman se dogter vir my gesteel het wat skree NOG !!!!!!
 


RTD2017_TashMontlake_Sat-75.jpg

Ewald C.

Die gaan weird klink, maar Frannie het al die storie gehoor, so dis cool.
Ek het my eerste Fokof cd gekoop toe ek gr4 was. My ma het my “As jy met vuur speel as jy brand” cd gehoor vir die eerste keer toe ek hom perongeluk in die cd player in die sitkamer vergeet het, sy het toe ‘n sker gevat en 4 lang krap merke onder die cd gemaak en gesê dis van die duiwel. Ek het toe die cd my iemand geleen, ‘n copy gemaak en hy het van daar af my youth gevorm. 

Ek was seker al by omtrent 300 fokof shows oor die land. Ek was by omtrent elke fokof show gewees van toe af (al is ek deesdae nie meer keen op crowds nie). Ek het vir Frannie in 2012 ontmoet vir die eerste keer by Arcade Empire. Dit was probably een van die beste dae van my lewe, ek het my idol ontmoet. Dit was crazy!

Van toe af het Frannie my gegroet by elke show wat hy my by gesien het, dis crazy hoe cool jou vriende dink jy is as Francois van Coke na jou toe loop om jou te groet. 

In 2014 het ek Rockibis begin nadat ek vir so jaar vir Running Wolf’s Rant geskryf het, Frannie was obviously die eerste persoon wat ek toe vra om te interview vir die launch van Rockibis, hy nooi my toe na sy huis toe in Bellville, Francois van Fokken Coke nooi my na sy huis toe om hom te interview, whoa. Dit was ‘n crazy ding om met my te gebeur, ek gaan na my idol se huis toe. Francois het vir ons koffie gemaak en ons het begin chat, na dit het hy vir ons die eerste 2 songs van die eerste Solo album af gespeel, hy het dit soos daardie oggend terug gekry, toe hoor ek dit vir die eertste keer terwyl Ringo my been hump op Frannie se bank. Fokof sal VIR ALTYD my favourite band wees! Thanks vir die memories guys!
 


RTD2017_TashMontlake_Sat-94.jpg

Jacques M.

Die jaar was 2007 , ek en my beste vriend brandon was in graad 6 , ons het buite die kuns juffrou se klas gesit , juffrou hoffman , soos wat ons baie keure gedoen het , en het vir mekaar musiek gespeel , elkeen probeer om die ander een te beindrik , o8p die spesfieke dag , het hy een song gespeel wat hy by sy ouer neffie gekry het gespeel , n song met die naam , BRAND SUID AFRIKA , na die song deur gespeel het , het ons dit seke 14 keer oor geluiter , na dir song was die kompetisie om mekaar te beindruk ook verby , want ek het geweet ek sou dit nooit kon top nie , ek ren brandon het vir die res van die jaar en die jaar daarna net na fokof geluister en was self 2 keer ingeroep hoof se kantoor toe omdat ons na sulke lasterlikke musiek luister , maar dit het ons nie gehinder nie . Fokof het my lewe verander my geleer om alles te bevraagteken , en nie net wat ouer mense se te glo nie. om jou eie pad te vind en te wees wat society wil he jy moet wees nie


Fokof 4.JPG

Cheryka B.

Ek wens ek het nog n foto van my kamer deur, elke liewe song was agter op hom.. Van 2003 tot FOKEN nou!! Julle music is my lewe, n song vir elke mood.. Bokkie ek lui jou klokje #fokofpolisiekar documentary, alles saam julle gestap!! Laaste show was anibrand op saag uitenhage tussen al die kinders,maar heel voor was ek en my BF.
 


IMG_3752Photography - Adriaan Louw.jpg

Cherish M.

Ek was 13 jaar oud, al waaraan ek gewoond was, was Greenday Blink -182-, Offspring ens. Afrikaans was maar ou Leon Schuster en Steve, en toe is daar eweskielik BOERE PUNK, van die eerste keer wat ek julle gehoor het, het ek julle musiek nie weer gelos nie ek kon dood eenvoudig nie. Ek k kon soveel aanklank vind in dit, dit my gehelp deal met my persoonlike issues wat in my kop aan gaan wat ek met niemand kon deel nie, en dit alles in my moeder taal en in my gunsteling tiepe musiek ook nog. Julle het my manier van dink oor myself en ander verander, in 'n manier dat ek self kon besluit wat ek dink is reg. Dan...julle live shows... wat kan mens sê? Wynand met al sy energie en die crowd op sike soos 'n besetene en nie een bass noot drop nie, en Hunter Kennedy met sy asemrowende lirieke het my al talle maal na 'n woorde boek laat gryp, en dan die cool en kalm majestic smooth Johnny de Ridder wat se kitaar soos 'n stair way na die hemel toe klink, en dan Jaco Snake se klip harde solid beats, en dan natuurlik Francois wat een van die beste entertainers is in land en elke persoon wat by die show is deel te laat voel. Julle het so baie dinge vir my verander, julle 5 is en sal die beste wees wat die land ooit gesien het!!!! en die manier hoe julle almal se monde stil gemaak het met julle talent, julle klas en wie julle is en met julle nuwe album selfmedikasie het julle dit weer bewys. Julle het my die skeinheiliges van die wêreld uit gewys, ek is en sal altyd mal wees oor julle, Ek kan nou vir myself dink, ek staan nie in die ry om te wag vir mense se opinies nie en dit alles te danke aan julle, julle wat julle monde oop gemaak het vir julle self en duisende in Suid-Afrika #Fokofpolisiekar vir altyd.
 


2.JPG

Michael M.

Vandat ons Jong lities was het ons so 12 uur na al die girls huis toe was by house parties fokof gejam en dit het ons as friendekring bymekaar gebring soos lym, as ons sing tot ons bloed proe ini long staan al die kak stil, ons vergeet van die regering ons vergeet van al die haat en ons is net broers, die woorde wat gesing word is so relevant dat dit die bier net beter laat proe, fokof het baie meer as net nog n band wat musiek maak in ons lewens geword dis soveel meer dis memories dis geluk dis lewe so in kort of dit n aucustic show by attubury theatre of n packed arcade empire is dit bly nostalgies dis wat fokof vir my beteken "ek glo in my friende" !!!!
 


01_Fokofpolisiekar_011_DSCB9591.jpg

Aneka B.

Fokof het my gehelp rebelleer teen al die kak wat almal vir ons gese het as tieners. Ons was almal klaar so verwar met kak oor kerk, werk en gedrag. Mens moes maar n sekere manier wees en dit was dit. En toe se ons "fokofpolisiekar... fok jou". My ma kon fokof nie verdra nie... maar lyk my die ouer mense kon eers jare later agterkom dat hier ietsie fucked is met ons land en hoe ons dink... fokof was SA se eye opener... en toe is ons wakker ♡ dankie manne. Julle is die shit... shit legends are made of! Julle sal nooit vergeet word nie al vergeet julle van ons!
 


We love hearing from our fans and how our music has touched them! Send us yours :)